| Zietsie se liefde vir vetkoek kom van ver... My ma se takke van die familieboom kom daar van Lindley en Steynsrus se wêreld af, net anderkant Kroonstad. In die ou dae, voordat die N1 mens direk van Johannesburg af Kroonstad toe geneem het, het die pad deur Parys en Vredefort geloop. Ek het altyd probeer om my ritte so te beplan dat ek met die een of ander etenstyd, hetsy ontbyt, middagete of aandete, deur Parys moes ry want daar was 'n vetkoekhut wat sulke taai, goudkleurige vetkoeke so groot soos 'n bord, gebak en verkoop het. Ek het my pa se allergie vir stop langs die pad ge-erf, jy ken mos van daai? Ma: “Oe, geel perskes en waatlemoen! Paul, stop bietjie dat ons kan koop.” Pa: “Ons is klaar verby, jy moet gouer praat, Vrou.” Of Pa: “Ek kan nie nou stop nie, hier sit 'n trok op ons stert.” Of Pa: “Ek is seker daar's nog 'n stalletjie voorentoe....” Maar vir 'n Paryse vetkoek het ek altyd gestop. My mond het al so half uur voor Parys begin water en ek het met myself speletjies gespeel oor watter een ek vandag gaan eet. My gunstelinge was met kerrie-maalvleis en die een met gerasperde kaas en appelkooskonfyt. Nodeloos om te sê het ek gewoonlik weggery met altwee in hulle papiersakkies op die sitplek langs my. Daai goed was so groot hulle kon vir jou aan die gang hou al die pad tot onder in die Kaap en as die rit net tot in Steynsrus gestrek het, het jy 'n doggie-bag gehad vir die volgende dag. My vreugde was groot toe ek ontdek Agnes, my regterhand, linkerhand, voorkant en agterkant in die kombuis, kan outydse vetkoek bak. Sulke klein, soet rondetjies wat ek net so met hompe botter eet of met camembert en vyekonfyt of saam met pampoensop of met..., ag ek eet hulle net. By die dosyne.
|
Die resep vir Agnes se vetkoekies
Bestanddele 5 koppies koekmeel of broodmeel Vir die vetkoekies maak jy nou ‘n pan, met genoeg olie om te diepbraai, goed warm. Agnes maak haar hand nat en trek ‘n handvol deeg af. Die deeg word dan in balletjies tussen haar duim en wysvinger uitgedruk. Braai hulle tot hulle borreltjies bo-op maak en draai hulle om. Braai verder totdat hulle oraloor goudkleurig is. Haal uit met ‘n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Om ‘n brood te bak knie jy wel die deeg af na die eerste rys en plaas jy dit in ‘n groot broodpan. Laat dit weer rys en bak vir 30-45 minute of tot dit hol klink as jy op hom klop. ![]() |
Ken jy die?
Om ‘n stuk deeg in olie te braai kom in kookkuns dwarsoor die wêreld voor, maar ons hier aan die suidpunt van Afrika is van die enigstes wat dit nie net as ‘n soetigheid eet nie, maar ook as ‘n southappie. ‘n Vetkoek met botter en stroop is vir ons net so bekend as een met maalvleis. Op die meeste ander plekke sal dit of soet of sout wees.
Die bekendste stuk deeg wat in olie gebraai word is natuurlik ‘n donut in al sy verskillende permutasies, met ‘n gat, sonder ‘n gat, met sjokolade, met konfyt, met wat ook al, maar altyd soet.
In China en ander Oosterse lande is daar ‘n youtiaowat net soos ons vetkoek lyk en meestal as ontbytkos bedien word, soet of sout. As jy daar ‘n kitchoribestel gaan jy ‘n vetkoek met maalvleis kry. Shuangbaotai is ‘n soetigheid wat gemaak word deur twee bolletjies deeg aanmekaar vas te sit en diep te braai. Die hitte laat die twee bolletjies vanmekaar af uitbol, maar hulle bly geheg en vandaar hulle naam wat tweeling beteken. Jin deui is ‘n hol koekie wat met iets soets gevul word en met sesame saad bedek word.
‘n Indiese samoesais gewoonlik sout, maar is net so lekker met ‘n soet vulsel.
In Europa is daar die Franse beignet, in Duitsland ‘n berliner, in Griekeland loukoumades, in Holland en België is daar oliebollen en in Noorweë ‘n smultring.
In Noord-Amerika kry jy beaver tails in Kanada, assaleeak in Alaska, churro in Meksiko en in die USA ‘n funnel-cake.
In Peru is daar picarones.
In die Midde-Ooste lokma in Turkye en Iran, in Israel sufganiyaen you-yous in Tunisië.
Na al die draaie deur die wêreld kom ons terug na eie bodem en bekroon ons eie koeksister as die koningin van alle diepgebraaide lekkernye.


Aggie maak die resep gewoonlik sommer so uit haar kop uit sonder om enige iets af te meet. Sy was besonders suur toe ek aandring op presiese hoeveelhede. Die resep hieronder is genoeg vir dosyne klein vetkoekies of vir een groot brood.
















