Home Newsletters March 2010 Newsletter

March 2010 Newsletter

E-mail Print

Dear Hearts and Gentle People

Goodness me, what a month February was! I cannot remember when last in my life have I worked so hard, such long hours and for so long. We shot 28 episodes of my cooking programme for kykNET, cooked for at least 30 people every night, did a black tie dinner for Valentine’s, I flew to Cape Town twice to go and do shows, performed in Sun City and we did a few private functions in between as well. I am now qualified to lecture on “How to fit in as much as impossible in the short month of Feb”.

Ah, life is good!

Bruce J Little’s show, “The Little Poof!” had an exceptionally good and successful run in The Glass Cage – three sold out weeks and an extended weekend. Bruce and Catherine will be taking the show to Cape Town in April and if you are a Capetonian, do not miss this performance. Integrity, honesty, originality and brilliance are a few of the words that come up when thinking about these two youngsters. I am hoping to bring them back in May and those of you who missed it this time around should really make a point of seeing it then. I will keep you posted. (Also see further down in this letter about their performance on Sunday 14 March.)

The shooting of the cooking programme was great fun. Before we started I thought to myself it could be interesting if Agnes was in the show with me – I mentioned it to the producer and director and that was it, Agnes was in the show. She was a star! Gepoeier en gemake-up vir die eerste keer in haar lewe, het sy gekook, ge-act en geperform dat die biesies bewe. One of these days I won’t be able to go to the shops with her anymore – die ‘celeb spotters’ gaan ons oorval!

I do wish Valentine’s came around more often. Man, dit was darem lekker om grênd kos en wyn te maak en te bedien – op wit tafeldoeke met ‘n oorvloed van wit orgidees, kerse, fairy lites en nuwe servette, even nogal! Ek het selfs nuwe glase gaan koop vir die okkasie.  Verskriklik dankie vir Rapport wat die entertainment geborg het en vir Hetta Saunderson vir die wyn allie pad vannie Kaap af.

If February was the one end of the pendulum, then March is the other. Apart from the odd private function and me having to learn my new show for the KKNK, we are having a fairly quiet month. Coming Sunday, 14 March Bruce and Catherine will be doing a special performance of “The Little Poof!” for the Culture Club. All the money, apart from the food costs will be going into the fund! The usual R 400 pp for Kos en Konsert applies. Come and support your club and sommer see a fantastic show, all in one. A big thank you to the two poofters for their kind gesture!

On Sunday 28 March Janine and I will attempt to do the new show just before we have to travel down to the KKNK where we will have our official opening on April 1. “Op ‘n Ligter Noot...” is an extention of where we left off with the previous show, but as the name indicates, on a much lighter note. I have now dealt with my alcoholism (in “Agter Glas”), o weë, and now I have to deal with the relentlessness of the passing years. “Ek gaan nooit weer in my lewe seks hê nie...” is the opening line of the show and you will have to come and see where it goes from there!

Unfortunately that is all that will be on offer in March, but watch this space for a seriously exciting April – a coffee and grappa tasting, an art exhibition, a run of the new show and maybe, just maybe the launch of a new double CD!

Hoop om julle almal sommer spoedig hier bo-op die bult te sien.

Lekker dag!
ECZ

P.S. Sorry if you didn’t want the recipe, but I’m so proud that I finally got it done that I sommer sent it to everybody...

Zietsie se liefde vir vetkoek kom van ver...

My ma se takke van die familieboom kom daar van Lindley en Steynsrus se wêreld af, net anderkant Kroonstad. In die ou dae, voordat die N1 mens direk van Johannesburg af Kroonstad toe geneem het, het die pad deur Parys en Vredefort geloop. Ek het altyd probeer om my ritte so te beplan dat ek met die een of ander etenstyd, hetsy ontbyt, middagete of aandete, deur Parys moes ry want daar was 'n vetkoekhut wat sulke taai, goudkleurige vetkoeke so groot soos 'n bord, gebak en verkoop het.

Ek het my pa se allergie vir stop langs die pad ge-erf, jy ken mos van daai? Ma: “Oe, geel perskes en waatlemoen! Paul, stop bietjie dat ons kan koop.” Pa: “Ons is klaar verby, jy moet gouer praat, Vrou.” Of Pa: “Ek kan nie nou stop nie, hier sit 'n trok op ons stert.” Of Pa: “Ek is seker daar's nog 'n stalletjie voorentoe....”

Maar vir 'n Paryse vetkoek het ek altyd gestop. My mond het al so half uur voor Parys begin water en ek het met myself speletjies gespeel oor watter een ek vandag gaan eet. My gunstelinge was met kerrie-maalvleis en die een met gerasperde kaas en appelkooskonfyt. Nodeloos om te sê het ek gewoonlik weggery met altwee in hulle papiersakkies op die sitplek langs my.

Daai goed was so groot hulle kon vir jou aan die gang hou al die pad tot onder in die Kaap en as die rit net tot in Steynsrus gestrek het, het jy 'n doggie-bag gehad vir die volgende dag.

My vreugde was groot toe ek ontdek Agnes, my regterhand, linkerhand, voorkant en agterkant in die kombuis, kan outydse vetkoek bak. Sulke klein, soet rondetjies wat ek net so met hompe botter eet of met camembert en vyekonfyt of saam met pampoensop of met..., ag ek eet hulle net. By die dosyne.

 

 

Die resep vir Agnes se vetkoekies

Agnes se VetkoekAggie maak die resep gewoonlik sommer so uit haar kop uit sonder om enige iets af te meet. Sy was besonders suur toe ek aandring op presiese hoeveelhede. Die resep hieronder is genoeg vir dosyne klein vetkoekies of vir een groot brood.

Bestanddele

5 koppies koekmeel of broodmeel
200ml suiker (100ml vir die brood)
10g kitssuurdeeg
2 koppies louwarm water
‘n Goeie knypie sout

Metode

Sif al die droë bestanddele saam in ‘n groterige bak. Voeg die water by en meng goed. Agnes sê dis nie nodig om dit te knie nie, dit moet net goed gemeng word, maar jy kan ekstra water byvoeg as jy dink dit is nie sag genoeg nie. Sy maak die bak toe met ‘n plastieksak en los dit op ‘n warm plek om te rys vir 30 minute tot ‘n uur. Weereens word dit nie afgeknie nie en net so in sy gerysde vorm gebruik.

Vir die vetkoekies maak jy nou ‘n pan, met genoeg olie om te diepbraai, goed warm. Agnes maak haar hand nat en trek ‘n handvol deeg af. Die deeg word dan in balletjies tussen haar duim en wysvinger uitgedruk. Braai hulle tot hulle borreltjies bo-op maak en draai hulle om. Braai verder totdat hulle oraloor goudkleurig is. Haal uit met ‘n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier.

Om ‘n brood te bak knie jy wel die deeg af na die eerste rys en plaas jy dit in ‘n groot broodpan. Laat dit weer rys en bak vir 30-45 minute of tot dit hol klink as jy op hom klop.

Deeg Agnes se vetkoekies

Ken jy die?

Om ‘n stuk deeg in olie te braai kom in kookkuns dwarsoor die wêreld voor, maar ons hier aan die suidpunt van Afrika is van die enigstes wat dit nie net as ‘n soetigheid eet nie, maar ook as ‘n southappie. ‘n Vetkoek met botter en stroop is vir ons net so bekend as een met maalvleis. Op die meeste ander plekke sal dit of soet of sout wees.
Die bekendste stuk deeg wat in olie gebraai word is natuurlik ‘n donut in al sy verskillende permutasies, met ‘n gat, sonder ‘n gat, met sjokolade, met konfyt, met wat ook al, maar altyd soet.

In China en ander Oosterse lande is daar ‘n youtiaowat net soos ons vetkoek lyk en meestal as ontbytkos bedien word, soet of sout. As jy daar ‘n kitchoribestel gaan jy ‘n vetkoek met maalvleis kry. Shuangbaotai is ‘n soetigheid wat gemaak word deur twee bolletjies deeg aanmekaar vas te sit en diep te braai. Die hitte laat die twee bolletjies vanmekaar af uitbol, maar hulle bly geheg en vandaar hulle naam wat tweeling beteken. Jin deui is ‘n hol koekie wat met iets soets gevul word en met sesame saad bedek word.
‘n Indiese samoesais gewoonlik sout, maar is net so lekker met ‘n soet vulsel.

In Europa is daar die Franse beignet, in Duitsland ‘n berliner, in Griekeland loukoumades, in Holland en België is daar oliebollen en in Noorweë ‘n smultring.
In Noord-Amerika kry jy beaver tails in Kanada, assaleeak in Alaska, churro in Meksiko en in die USA ‘n funnel-cake.
In Peru is daar picarones.
In die Midde-Ooste lokma in Turkye en Iran, in Israel sufganiyaen you-yous in Tunisië.

Na al die draaie deur die wêreld kom ons terug na eie bodem en bekroon ons eie koeksister as die koningin van alle diepgebraaide lekkernye.