
Meer oor Elzabé
Sangeres, aktrise, sjef. En in aldrie ewe talentvol. Elzabé Catharina Zietsman is op 20 Januarie 1961 op Bethal gebore. Die eerste liedjie wat sy voor 'n gehoor gesing het, was Zoem Zoem Bytjie Zoem Zoem. Sy het in skoolkonserte en operettes gesing en gespeel, maar nooit koor gesing nie.
















